Wat is Crohn se siekte?

Crohn se siekte is ’n vorm van inflammasie van die dermkanaal of IBD.

Crohn se siekte kan enige deel van die spysverteringskanaal, vanaf die mond tot by die anus, aantas, maar kom tipies in die laaste deel van die dunderm, of kronkelderm-eindpunt (ileum) en die kolon voor. Crohn se siekte is geneig om die dieper lae van die dermwande aan te tas, wat dit die unieke potensiaal gee om fistels te vorm. Laasgenoemde is ’n vorm van die siekte wat deur die voering van die dermwande boor. Fistels kan met Crohn se siekte op enige plek in die dermkanaal voorkom, maar dit gebeur dikwels rondom die anus (peri-anale fistel). Abdominale pyn (in die buik), gewigsverlies, moegheid en ’n verandering van stoelganggewoontes is die mees algemene simptome van Crohn se siekte.