Wat is ulseratiewe kolitis?

Ulseratiewe kolitis is ’n vorm van inflammatoriese dermkanaalsiekte wat net die kolon aantas.

Dit veroorsaak, tot ’n wisselende mate, inflammasie van die oppervlaklae van die kolon, wat dan tot “kolitis” of kolon-inflammasie kan lei. Ulseratiewe kolitis kan moontlik net die rektum aantas (proktitis), of die hele kolon (totale of pankolitis). Diarree, met bloed en mukus (slym) in die stoelgang, en krampe in die laer buik, is die mees algemene simptome van ulseratiewe kolitis.